icon-newsletter

‘n Spikkeltjie op die skerm

Ek onthou hoe ek een keer met ‘n dierbare vriendin gepraat het oor ‘n pynlike situasie in haar huwelik. Dit was ‘n gekompliseerde en uitgerekte probleem, met geen einde in sig nie. In die gesprek was ek baie diep getref toe hierdie kosbare vrou vir my sê: “As dit ons hele lewe lank aanhou, is dit ook reg. Ek weet die tyd hier is min,” het sy gesê, “en die ewigheid is lank. Eendag sal dit alles net ’n spikkel op die skerm wees.”

Maak nie saak hoe lank jy jou lyding al verduur nie, God se Woord verseker ons dat dit nie vir ewig sal aanhou nie. Onthou die woorde van Romeine 8:18: “Die heerlikheid wat kom. Ek is daarvan oortuig dat die lyding wat ons nou moet verduur, nie opweeg teen die heerlikheid wat God vir ons in die toekoms sal laat aanbreek nie.” 

Kom ons lewe vir die ewigheid, vandag!

Seëngroete van ROHSA