In Jesaja hoofstuk 6 is ‘n wonderlike voorbeeld hoe om tot God te nader met ‘n nederige hart. Om te begin het Jesaja eerstens God in Sy ongelooflike heiligheid en majesteit raak gesien. Vers 1 “In die sterfjaar van koning Ussia het ek die Here sien sit op ‘n hoë en verhewe troon, terwyl Sy some die tempel gevul het.”
Daarna is Jesaja oorweldig, deur die bewustheid van hoe groot sy eie sondeskuld was. Vers 3 “Ek het gesê: Wee my, want ek is verlore!” Jesaja het met nederigheid sy sonde voor God bely. “Want ek is ’n mens met onrein lippe…”
God het Jesaja daarna vergewe en hom gereinig. Vers 7 “Nou is jou skuld weg en jou sondes vergewe.”
Jesaja se verhaal wys vir ons ‘n proses vir herlewing:
- Eerstens raak ons bewus van God se heiligheid
- Dan besef ons hoe diep ons in sonde verval het
- Ons belei ons sonde
- En dan reageer God met vergifnis.
Wanneer ons God se aangesig begin soek, kry ons ‘n bewuswording van God se heiligheid.
Seëngroete van ROHSA