icon-newsletter

‘n Portret van Liefde

 

Op ons troue het ons ‘n spesiale liedjie uit die liefdes hoofstuk van die Bybel gespeel. Noudat ek al ‘n rukkie getroud is, dink ek nie iemand kan regtig liefhê soos daardie hoofstuk sê nie.

Jy is reg! Die liefdes hoofstuk, 1 Korintiërs 13, skets ‘n wonderlike beeld van liefde. Dit sê o.a. dat liefde omgee, geduldig en vriendelik is. Dit dring nie aan om dinge net op sy eie manier te doen nie. Dit is nie liggeraak nie en dra ook nie wrokke of griewe nie. En dit is waar – niemand het die vermoë om perfek aan daardie standaard te voldoen nie. Niemand behalwe Jesus nie.

Hierdie hoofstuk skilder nie net ‘n beeld of portret van liefde nie; dit skilder ook ‘n portret van Christus. Die vyftien kenmerke van liefde wat ons daar vind, beskryf Jesus. Wanneer ons Hom toelaat om ons lewens te vul, raai wat gebeur dan? Ons kan lief kry op die manier waarop hierdie hoofstuk dit beskryf.

Indien jy liefde aan ander mense wil betoon, is die beste ding wat jy kan doen om jou eie “ek” te groet en Jesus te vra om Sy gesindheid  deur jou uit te leef.

Seëngroete van ROHSA