icon-newsletter

‘n Oproep tot heiligheid

 

Waaraan dink jy dadelik, as ek die woorde “heiligheid van mense” sê?

  • Iemand wat onnatuurlik, preuts en anders as almal optree.
  • Veroordelende houdings.
  • ‘n Vervelige mens wat baie reëls nakom.

As dit al is wat heiligheid behels, wie wil dit dan hê? Heiligheid gaan eintlik oor baie meer as om ‘n lys reëls te volg. Dit is nie iets wat ons deur pure wilskrag kan optower nie. Ware heiligheid gaan altyd oor ‘n verhouding. Dit is ‘n liefdevolle reaksie vir die God wat ons liefhet en ons geskep het om naby aan Hom te wees.

In Efesiërs 4 sê die apostel Paulus: “Leef ’n lewe wat pas by die waardigheid van die roeping waarmee julle geroep is. Met totale beskeidenheid en sagmoedigheid, ja, met geduld moet julle mekaar in liefde verdra. Deur in vrede met mekaar te lewe, moet julle julle daarop toelê om die eenheidsband te bewaar wat die Gees bewerk het.”

Ons is na ‘n verhouding geroep, wat ons wil afsonder vir Hom. God se liefde inspireer ons om sonde te verwerp en om ons diepste bevrediging in Hom te vind.

Is daar iets wat met jou verhouding met God inmeng? Indien wel, sou jy jou bekeer, jouself daarvan weg keer en dit regstel? Kom ons leef op ‘n manier wat ons liefde vir Hom weerspieël.

Seëngroete van ROHSA