icon-newsletter

‘n Oop deur

 

Hoekom lees jy jou Bybel en hoekom spandeer jy tyd aan gebed? Is dit omdat jy eintlik bang is dat God vies sal word vir jou, en wanneer jy dan regtig Sy hulp nodig het Hy jou nie gaan help nie?

Die eintlike doel van ‘n persoonlike stiltetyd is nie om in God se goeie boekies te kom nie. Nee, dis om ‘n verhouding met Hom te ontwikkel en julle saam wees te koester. Dit is nie net nog iets op jou lysie wat jy moet afmerk nie. Dit is ook nie ‘n gewigtige opdrag nie.

Om saam te eet en te kuier is vir ons almal ‘n teken van vriendskap. Net soos God in Openbaring 3:20 sê “Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe, en saam met hom eet, en hy saam met My.” Dit is die soort vriendskap wat God saam met jou wil geniet. 

Koester jy die verhouding wat jy en God het? Geniet jy jou kuier tydjies saam met God?

Seëngroete van ROHSA