icon-newsletter

‘n Ongeskikte era

 

Het jy ook agtergekom hoe ongeskiktheid deel van ons kultuur geword het?

Wat sien jy wanneer jy die televisie aanskakel, of selfs deesdae die videos wat mense na jou foon toe stuur? Ongeskiktheid. Dit wil voorkom of die media mense dink hulle kan nie snaaks wees sonder om iemand te verkleineer of kras te wees nie.

Mans en vrouens kan beide soms ongeskik wees, maar ek dink dit is besonder onaantreklik in ons vroulike geslag. 

Dit dui ook op ‘n tekort aan God se standaard vir liefde, want in 1 Korintiërs 13 sê Paulus “Die liefde is vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie…” 

Dit beteken in werklikheid dat wanneer ons goeie maniere het, bewys ons liefde. Wanneer ons vriendelik is met ander, bewys ons liefde. Wanneer ons konsidirerend en sensitief optree, bewys ons liefde. 

Ons wêreld sien so baie onbeskoftheid. Ek dink dit is tyd dat ons as vrouens vir die wêreld wys hoe ware goddelike liefde lyk.

Seëngroete van ROHSA