icon-newsletter

‘n Muur of ‘n deur? 

 

Hooglied 8:9 “As sy ‘n muur is, sal ons ‘n silwerverskansing op haar bou; en as sy ‘n deur is, sal ons haar met sederplanke afsper.” Hier word twee tipes vroue beskryf, een is soos ‘n muur, die ander een soos ‘n deur… maar wat beteken dit?

Nancy beskryf dit so – Ek dink ‘n muur verteenwoordig ‘n vrou wie se lewe op oortuigings gebaseer is. Sy swig nie onder druk nie. Wanneer mense met die verkeerde soort voorstelle kom, gee sy nie maklik in nie. Sy het haar lewe gevestig op die waarheid van God se Woord.

Die ander soort vrou is soos ‘n deur wat maklik oop geswaai kan word. Omdat haar lewe nie op Bybelse oortuigings gebou is nie, is sy kwesbaar vir versoekings. Sy het van integriteit afgewyk en word eintlik self ‘n bron van versoeking.

Wanneer versoekings kom, word jy maklik beinvloed? Of is jy besig om jou lewe op God se Woord te bou? Stabiliteit kom wanneer ons Hom deur Sy Woord soek.

Seëngroete van ROHSA