icon-newsletter

‘n Lys van die gevolge

 

Ek het ‘n vriend wat ‘n lysie in sy beursie rond dra. Dit is daar om hom te herinner aan die gevolge van sonde.

  • Sonde steel vrede en vreugde.
  • Sonde verwyder vertroue.
  • Sonde bring skuld.
  • Sonde gee Satan die oorhand.
  • Sonde blus God se Geesteenwoordigheid uit.
  • Sonde bring fisiese skade.

Wanneer hy met ‘n versoeking gekonfronteer word, haal my vriend die lys uit en lees dit. Hy doen dit sodat hy kan probeer verhoed om aan God ongehoorsaam te wees. Jakobus 4:17 sê “As iemand weet om die goeie te doen en dit nie doen nie, is dit vir hom sonde.”

  • Sonde breek nie net God se hart nie, Psalm 5:5 sê “U verdra geen boosheid nie; en sonde vind by U geen tuiste nie.”
  • Sonde maak die deur oop vir ander sondes.
  • Sonde maak my sy slaaf.

Hy vra homself die vraag af: Is dit ‘n prys wat ek regtig wil betaal? Is dit ‘n prys wat ek kan bekostig om te betaal?

Klink dit vir jou ook soos ‘n slim plan? Dalk kan jy ook vir jouself so ‘n lysie maak? Wanneer jy volgende keer in die versoeking kom om te sondig, haal dit uit en lees dit voordat jy vir die versoeking ingee.

Seëngroete van ROHSA