Timothy Treadwell was baie lief vir groot bruin grizzly bere. Hy het meer as ‘n dosyn somers tussen die bere in Alaska spandeer; hy het vir hulle name gegee en naby genoeg aan hulle gekom om aan hulle te raak.
Maar toe in 2003, het sy lewe tussen die bere tot ‘n einde gekom toe een beer hom in ‘n geveg doodgemaak het. Wilde diere kan nie verander word nie. Selfs al voel jy gemaklik tussen hulle, kan hulle steeds enige oomblik volgens hulle wilde instink en natuur optree.
Daar is ‘n gedierte wat baie gevaarliker is as ‘n beer. Sy naam is sonde. Meeste van ons sal nooit gemaklik raak met wilde diere nie, maar ons is nie altyd so versigtig wanneer dit by sonde kom nie. As ons met sonde speel, sal dit ons op die ou end oorweldig en vernietig.
Spreuke 5:22 sê: “Die goddelose mens se eie sondes maak van hom ’n gevangene. Dit draai hom vas in sy eie sonde.”
As daar ‘n sonde is waarmee jy speel, sal jy God vra om jou te help om dadelik daarmee op te hou? Moenie wag dat die gedierte sy ware natuur openbaar nie.
Seëngroete van ROHSA