Die man sê: “Ek het gedink ‘n huwelik is veronderstel om my gelukkig te maak.” Waarop sy vrou terug kap met “Hy het nie die vaagste benul hoe ‘n vrou se hart werk nie.”
As ‘n egpaar regtig hulle huwelik wil laat werk, moet hulle by die kruis uitkom.
Filippense 2 vertel vir ons dat alhoewel Jesus God was, Hy nie vasgehou het aan sy regte as God nie. In plaas daarvan het Hy Homself op aarde kom uitleef as ‘n mens sonder aansien, sonder regte. Hy het vir ons ‘n dienskneg geword. Hy het selfs toegelaat om die aller grootste vernedering van daardie tyd deur te gaan – die kruis was die absolute beeld van Sy onbaatsugtige liefde.
Jesus vra van ons om dieselfde ingesteldheid te hê, om te sê: “Ek is bereid om te sterf aan my regte en aan my eie begeertes.”
Daardie soort kruis gesentreerde, onbaatsugtige liefde is nodig om ‘n huwelik te laat werk. Dit vereis van elke man en elke vrou, om daarop te fokus hoe hulle kan gee—eerder as om op die regte van hul eie behoeftes te staan.
Seëngroete van ROHSA