Dr. Vance Havner het die verhaal vertel van ‘n ou prediker wat deur die nag gewerk het aan ‘n preek vir sy klein gemeentetjie. Sy vrou het laat die aand vir hom gevra waarom hy soveel tyd spandeer aan ‘n preek, wat so min mense sou hoor. Hy het geantwoord: “My skat, jy vergeet hoe groot my gehoor gaan wees.”
Daardie prediker het die werklikheid van Hebreërs 12 verstaan: “Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.”
Dr. Havner het geskryf: “Niks hier op aarde is kleinighede en onbeduidend, as die hemel toekyk nie.”
Miskien lyk dit vir jou asof niemand al die klein dingetjies raaksien wat jy elke dag vir jou mense doen nie. Onthou, die hemelse toeskouers kyk. Of dalk lyk dit of niemand agterkom wanneer jy weier om kortpaadjies te vat en witleuentjies te vermy. En wanneer dit lyk asof niemand weet wanneer jy stoei om nee sê vir ‘n versoeking nie, onthou die Here sien alles raak.
Seëngroete van ROHSA