Jy kan waarskynlik maklik aan ‘n insident dink waar iemand jou onregverdiglik gekritiseer het. Ek kan. Maar wanneer ek terug dink aan die woorde wat my seer gemaak het, besef ek ook dat daar gewoonlik wel ‘n greintjie waarheid in was wat ek moés hoor.
In 2 Samuel 16:12, lees ons van ‘n tyd toe koning Dawid verbaal aangeval is deur een van sy vyande. Maar koning Dawid se reaksie was merkwaardig, hy sê “laat hom staan, en laat hom vloek; want die HERE het hom beveel.
Wat Dawid eintlik sê is: “Los dit in God se hande. Vir al wat ons weet het God hierdie man gestuur omdat Hy weet het dat daar iets is wat ek moet hoor”.
Wanneer jy die volgende keer gekritiseer word, moenie dit wat God dalk vir jou probeer sê, mis nie. Wees braaf en geduldig genoeg om werklik te luister. Vra dan vir God of daar enige waarheid in daardie woorde was wat jy moét hoor.
Seëngroete van ROHSA