Ons kan eintlik verbasend baie informasie onthou, soos ‘n telefoon nommer van ‘n geliefde, ‘n roete wat ons gereeld ry of selfs aanhalings uit ‘n televisie reeks wat ons volg.
Hoekom dink jy is dit dan vir ons so moeilik om Skrifgedeeltes te memoriseer? Is dit nie juis een van die belangrikste goed om te onthou nie?
Om die Woord van God te memoriseer sal jou verstand reinig en vernuwe. Dit sal help om jou van sonde te weerhou. Dit sal jou ook help om nee te sê vir jou vlees, en dit sal jou beskerm teen verkeerde denkpatrone.
Jy sal jouself verbaas, want mens kan baie meer memoriseer as wat jy besef.
“Hoe lief het ek u gebooie! Ek oordink dit die hele dag. U gebooie gee my meer insig as wat my vyande het, want dit is gedurig by my. Ek het meer insig as my leermeesters, want ek oordink u waarskuwings. Ek het meer begrip as ouer mense, want ek lewe volgens u bevele. Verkeerde paaie het ek vermy, sodat ek u woord kan gehoorsaam.” Psalm 119:97-101
Ons almal by Revive our Hearts SA voel God praat ernstig met ons om nou hierdie dissipline aan te leer.
Seëngroete van ROHSA