icon-newsletter

‘n Gewassery 

Is daar by jou huis ook ‘n gevoel dat opwas net nooit einde kry nie? Wanneer een ete se skottelgoed klaar gewas is, is dit alweer tyd om skottelgoed vuil te maak in die voorbereiding van die volgende ete. Ons lees selfs iets daaroor in die verhale van die Tabernakel in die Ou Testament.

Voordat die priester in die Heiligdom van die Tabernakel kon ingaan, moes hy eers ‘n dier offer vir sy eie sonde. Daarna moes hy sy hande in ‘n brons bak was. Hy het deur die dag voortdurend terug gekeer na die brons bak, om sy hande te was.

Dit is prentjie van ons verhouding met God. Net soos daardie priester, het ons ‘n offer nodig vir ons sondes. Jesus het vir ons die grootste en finale offer aan die kruis gebring. Maar net soos daardie priester, word ons hande weer vuil. As gelowiges is ons voor God geregverdig, maar ons sondig steeds.

Dit is waarom ons deur God se Woord gewas moet word, oor en oor. Dawid vra in Psalm 51 “U moet my reinig van my sonde, soos die priesters dinge reinig met ‘n hissop-takkie. U moet my rein maak soos wanneer iemand iets skoon was, so skoon dat dit witter as sneeu is.”

Laat jy elke dag toe dat God se Woord jou hart skoon was?

 

Seëngroete van ROHSA