icon-newsletter

‘n Gevaarlike patroon 

 

Ek glo elke sonde begin met ‘n leuen en elke leuen het die potensiaal om ons na  ‘n gevaarlike plek toe te lei. 

Dit begin alles deur eers na ‘n leuen te luister. Jy luister dalk na ‘n liedjie wat jy weet ‘n boodskap het van verleiding en egbreuk, maar die lirieke is ironies genoeg so snaaks en van pas in jou situasie!

Tweedens oordink ons die leuen.

“My vriendin het my soveel goeie redes gegee waarom sy haar man gaan verlaat. Ek kan net nie ophou om daaroor te dink nie!”

Derdens glo ons die leuen.

“Ek is vasgevang in my huwelik omdat ek bekommerd is oor wat mense sal sê. Ek hou aan dink dat dit beter sal wees as ek van hierdie huwelik kan wegkom.”

Laatens tree ons op volgens die leuen.

“Wel, ek het dit uiteindelik gedoen, ek het my man gelos.”

Sien jy jouself iewers op hierdie pad van leuens? Die goeie nuus is dat elke leuen deur God se Woord teë gestaan kan word. Ek wil jou aanmoedig om vandag na die waarheid in God se Woord te luister. Oordink die waarheid, glo dit en tree dan volgens God se waarheid op.

Seëngroete van ROHSA