Jy ken die stelling ‘’Ek weet net genoeg van tegnologie om gevaarlik te wees’’, wel ek is een van hulle. Een ding wat ek op die harde manier geleer het, is die betekenis van die ‘delete’ opsie. Op meeste toestelle werk dit so, wanneer jy “delete” druk, is die informasie vir altyd weg.
Ek dink dit is ook ‘n beeld van hoe vergifnis werk. Vergifnis is soos die “delete”-knoppie, die inligting is dan vir altyd weg.
“Ja, toe julle dood was as gevolg van julle oortredings, en julle sondige aard nog nie weggesny was nie, het Hy julle saam met Hom lewend gemaak, deurdat Hy al ons oortredings vergewe het. Hy het die skuldbewys met sy aanklagte teen ons uitgewis en dit blywend weggeneem, toe Hy dit aan die kruis vasgespyker het.” (Kolossense 2:13–14).
In daardie dae, as iemand jou geld geskuld het, het jy ‘n sertifikaat teen hom uit geskryf—’n “IOU”. Die beeld wat Paulus hier gebruik, is dat ons aan God ‘n onbetaalbare skuld verskuldig is omdat ons Sy bepalings oortree. Maar toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy daardie “IOU” gekanselleer en al ons sonde vergewe. Hy het die “delete”-knoppie gedruk.
Het jy al gekies om jou hele weg te draai van sonde, en jou geloof in Christus gestel. Aanvaar jy wat Jesus as verlosser vir jou kom doen het? Het jy God gevra om jou sonde uit te wis? Draai jy steeds elke dag van sonde af weg?
Seëngroete van ROHSA