icon-newsletter

‘n Daaglikse gewoonte

 

‘n Paartjie wat ek ken, was baie geliefd, dit het vir ons almal gelyk het of hulle ‘n sterk familie is met ‘n diep en ware liefde vir Christus. Maar toe sien ons iets het in die man se hart gebeur. In der waarheid het hy eintik toe vir lank al ‘n sondige buite-egtelike verhouding vir sy vrou en almal om hom weggesteek.

Dit was ‘n ontnugterende herinnering dat ons elkeen konstant heiligheid moet nastreef. As ons in ‘n gewoonte is om ons daagliks voor God te verootmoedig, sal dit ons keer om in ‘n patroon van sonde te verval wat ons uiteindelik sal vernietig. Wanneer ons eerlik voor God is, neem hy deel aan ons gesprek, en help hy ons in ons swakheid. Om daagliks met die sonde in ons harte af te reken, sal ons beskerm van langdurige sondige gewoontes.

Onthou 1 Tes 5: 23&24 “Ons bid dat God wat vrede gee, julle aan Hom sal wy sodat julle sal doen wat Hy wil hê. Ons bid ook dat wanneer ons Here Jesus Christus kom, julle heeltemal skoon sal wees, julle gees, julle hart en julle liggaam. Dan sal niemand julle kan beskuldig nie. God sal doen wat Hy belowe het, Hy het julle gekies en Hy sal dit doen.”

Laat jy toe dat God elke deel van jou lewe reinig en heilig maak?

Seëngroete van ROHSA