Ons ken waarskynlik almal iemand wat nou in ‘n gevaarlike situasie is. Dalk is daar ‘n familielid of ‘n kosbare vriendin van jou, wat besig is om in ‘n buite-egtelike verhouding betrokke te raak. Jy weet dit, maar is nie seker of jy wil of moet betrokke raak nie.
As jy in die middel van die nag sien dat jou buurman se huis aan die brand is, sal jy alles wat jy moontlik kan, doen en probeer om hulle aandag te kry. Jy sal verseker nie dan bekommerd wees of jy hulle gevoelens gaan seer maak of nie.
Daardie persoon wat jy ken wie nou in gevaar is – nie letterlik met ‘n brandende huis nie, maar emosioneel. Dalk weet jy selfs dat daardie persoon die waarheid van God se Woord ken, maar jy weet ook hulle speel met ‘n gevaarlike, sondige situasie. Dink jy nie God het jou dalk nou nodig om aan hulle deur te gaan hammer nie?
Jakobus 5: 19 & 20 bemoedig ons – “ My broers en susters, as een van julle van die waarheid afwaal en iemand sou hom laat terugdraai, weet dan dat hy wat ‘n sondaar van sy dwaalweg laat terugdraai, hom uit die dood verlos en maak dat ‘n klomp sondes bedek word.
Kom ons wees regtig daar vir mekaar!
Seëngroete van ROHSA