icon-newsletter

‘n Baie hoë standaard

 

“Ek kan die klein dingetjies oorsien, maar geen mens kan net alles vergewe en aangaan nie… of kan mens?”

Kolossense 3:13 in die Boodskap sê “Gee mekaar ’n kans sonder om mekaar, met kritiek uitmekaar te skeur. Kyk ook by mekaar se foute verby. Die Here het immers by al julle foute verby gekyk. Daarom word niks minder van julle verwag nie.” Sjoe, dis darem ‘n baie hoë standaard om net so te vergewe soos God my vergewe het, of wat dink jy? Psalm 103:12 “So ver as wat die ooste verwyder is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons.”

God se vergifnis is permanent, onvoorvaardelik en handel die saak heeltemal af. Boonop is vergifnis ook nog totaal onverdiend! Ons kan nie daarvoor werk nie, en ook geen oulike goedjies doen om daarvoor in aanmerking te kom nie.

Sukkel jy met vergifnis? Vat jou Bybel en lees ‘n paar gedeeltes wat oor vergifnis praat, veral die wat vir ons wys hoe God ons vergewe.

Seëngroete van ROHSA