icon-newsletter

‘n Alleen plek 

 

Ek hou daarvan om my familie te versorg, maar wanneer ek alleentyd nodig het voel dit vir my of ek altyd toeskouers het. Daar is elke oomblik van die dag iemand wat my nodig het.

Voel jy soms of jy altyd omring word deur mense met behoeftes? Jesus het dieselfde beleef. Lukas 5:15 sê “…groot menigtes het saamgedrom om na Hom te luister en van hulle siektes genees te word.”

Jesus sou nie al daardie mense se behoeftes kon bevredig as Hy nie in verbinding gebly het met Sy Vader nie. Lukas 5 vertel ons “Maar Hy het Hom in verlate plekke terug getrek en gebid.” 

Waar kan jy gaan om ‘n paar minute alleen te wees? As jy kan wegkom om ‘n paar minute in God se Woord en in gebed te spandeer, glo ek gaan jy anders voel oor jou behoeftige skare.

Seëngroete van ROHSA