Sien jy jouself in hierdie scenario? “Hier trek ek weg, dis my voorneme om elke aand my Bybel te lees. Filippense 3:1 “Verder, my broers, wees bly in die Here. Om dieselfde dinge aan julle te skryf, is nie vir my moeite nie, en aan julle gee dit vastigheid. Waak teen die honde! Waak teen die kwaadstokers! Waak teen die afsnyding!”
Nee man, kan jy glo, daar lui die foon. “Hi vriendin, is jy besig?” “ Hallo Emily, nee nie te besig nie, praat gerus.”
Nancy sê sy is self aandagafleibaar en ervaar dat haar aandag veral afgelei word wanneer sy gaan stilsit om haar Bybel te lees. Maar sy het iets belangriks geleer—sy hoef nie elke telefoonoproep of boodskap dadelik te beantwoord nie, dit kan bietjie wag.
Sy het jare gelede die eer gehad om president Ronald Reagan te ontmoet. Omdat sy hom en sy posisie gerespekteer het, sou sy dit nie eens oorweeg het om ‘n telefoonoproep te neem terwyl hulle vergader het nie.
Hoekom is my tyd saam met die Koning van die konings anders? God is baie belangriker en baie magtiger as enige president of hoogwaardigheids bekleër. Boonop wil Hy ‘n afspraak met jou hê!
Wat dink jy, gaan jy jou foon eenkant sit, en vandag ononderbroke tyd in Sy Woord en in gebed spandeer?
Seëngroete van ROHSA