icon-newsletter

“My sonde is nie so erg nie” 

 

“ Ja ek maak ook foute, maar ek weet nie of ek sou sê ek sondig nie..”

Besef ons dat Eva dan dieselfde kon gesê het? Sy het immers nie haar man verlaat nie; sy het nie God gevloek of gesê Hy bestaan ​​nie. Al wat sy mos gedoen het, as jy mooi daaraan dink, was om een ​​hap uit iets te neem wat God vir haar gesê het om nie te eet nie. Wat was dan so erg?

Die eintlike probleem was dat Eva se daad in rebellie teenoor God se opdrag was. Ons moet dit onthou. Ons dink aan sekere sondes as “groot”. Dinge soos moord, owerspel of roof. In vergelyking met ander mense wat daardie soort sondes pleeg, mag ons dink “my lewe is nie so erg nie”. Maar elke sonde, of dit vir ons groot of klein lyk, is ‘n rebellie teen God. 

In Romeine 6:23 staan “Want die loon van die sonde is die dood.” Daar is geen onderskeiding tussen groot en klein sonde nie.

Wanneer ons besef dat elke sonde wel ‘n groot probleem is, maak dit God se genade en die bloed van Christus vir ons des te meer spesiaal.

Sal jy vandag tyd spandeer om God te vra om jou te wys of daar enige sonde is wat jou daarvan weerhou om in Sy teenwoordigheid te wees?

Seëngroete van ROHSA