icon-newsletter

My sonde is nie regtig so erg nie

 

Die van ons wat as kerkgangers groot geword het, is geneig tot ‘n sekere soort verleiding. Die leuen wat ons dan glo is dat “My sonde nie regtig so erg is nie.”

Wanneer ons onsself met ander mense vergelyk wat sogenaamde “ernstige sondes” het, kan ons maklik voel dat ons heeltemal “okay” is.  Ons eie sonde om spandabelrig in die winkels te wees of om van iemand te skinder word dan baie maklik oor gesien.

Ons moet egter besef dat elke sonde, al dit in ons opinie nie ernstig nie, wel ‘n baie ernstige saak is. Sonde is niks minder as jou eie rebellie teen God nie. Om die waarheid oor sonde te besef, moet ons sonde sien in die lig van wie God is. Toe die profeet Jesaja van aangesig-tot-aangesig met God gekom het, sê hy in hfst 6:5 “Wee my, want ek is verlore! Want ek is ‘n mens met onrein lippe, en by ‘n volk met onrein lippe woon ek. Ja, my oë het die Koning, die Here, Heerser oor alle magte, gesien.”

Jesaja het sy sonde belei. Jy kan ook vir God vra soos in Psalm 139: 23 & 24: “Deursoek my, o God, …. Kyk of daar enige sondige neiging by my is, en lei my op die ewige pad.”

Ja, vra God om jou te wys hoe jou sonde in die lig van Sy heiligheid lyk.

Seëngroete van ROHSA