icon-newsletter

My man ondersteun my nie

 

My man ondersteun nie my daaglikse stiltetyd nie, ek probeer dit juis inpas wanneer hy nie by die huis is nie, maar dan wil hy weet hoekom ek nie by alles uitgekom het nie. In jou self ondersoek, kan jy jouself die volgende vrae afvra:

  • Kom ek werklik uit by die behoeftes van my gesin?
  • Spandeer ek kwaliteit tyd saam met my man?
  • Luister ek wanneer hy met my praat?
  • Ondersteun ek hom in die dinge wat vir hom belangrik is, en wys ek dit?

1 Korintiers 7:14 “Want omdat die ongelowige man getroud is met die gelowige vrou, sal hy miskien ook later aan God behoort. En omdat die ongelowige vrou getroud is met die gelowige man, sal sy miskien ook later aan God behoort.”

Dit beteken dat God jou voorbeeld en liefde vir Hom kan en wil gebruik, om jou man nader aan Hom te bring.

Terwyl jy tyd in die Woord van God en in gebed deurbring, vra God om jou ‘n meer respekvolle, liefdevolle en vriendelike vrou te maak wat oplettend is vir die behoeftes van jou gesin. Laat hulle deur jou optrede sien dat ‘n daaglikse stiltetyd, van jou ‘n beter vrou en ma kan maak.

Seëngroete van ROHSA