icon-newsletter

My eie erge sonde

 

Iemand skryf vir ons: Dwelms, alkohol, owerspel — noem maar op, ek het dit gedoen. Maar na my bekering het ek my dogter anders groot gemaak. Tog is ek bekommerd juis omdat ons haar geleer het om reg te lewe, sy nie sal weet hoe wonderlik dit is om vir soveel vergewe te word nie—soos in my eie geval nie .

Is dit vir jou maklik om jou sonde te herken . . . en te erken dis wel sonde? Wanneer iemand groot word tussen al wat ‘n kerk aktiwiteit is, sukkel hulle soms om die waarheid te besef — dat hulle sonde ook werklik afstootlik is. Romeine 3:23 “Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom.”

Wanneer ons die realiteit van die erns van sonde verloor, verloor ons ook daarteenoor die wonder van Christus se offer aan die kruis. Dit is maklik om Sondae net nog ‘n preek oor God se genade deur te sit en onaangeraak te wees.

Indien jy soos ek in die kerk groot geword het, sal jy God vra vir ‘n nuwe blik op Sy genade? Nie veroordeling vir sonde wat reeds bely is nie, maar vir ‘n realiteit van die korrupsie van sonde in jou eie lewe en die intensiteit van God se vergifnis.

Seëngroete van ROHSA