In Efesiërs 5:3 lees ons: “Soos dit pas by mense wat aan God behoort, moet daar onder julle geen sprake wees van seksuele sondes, immorele optredes of gierigheid nie. In die engelse vertaling sê dit, ons mag nie eens daaraan dink om seksueel verkeerde dinge, van watter aard ookal, te doen nie…”
Kon jy tot dusver dit regkry om van sulke dinge af weg te bly? Probeer om die volgende paar vrae, eerlik te antwoord:
- Is jou gedagte wêreld suiwer en skoon?
- Betrap jy soms jouself, dat jy in jou verbeeldingswêreld met mense betrokke is, wat vir jou verbode is?
- Is jy versigtig en verstandig in jou verhoudings met mense van die teenoorgestelde geslag?
- Bewaar jy jou oë, om weg te kyk van dinge wat dalk jou morele waardes kan bedreig?
- Is dit wat jy lees en kyk, skoon en mooi, of sal jy verlee wees as iemand sien waarna jy kyk?
- Het jy enige persoonlike of private gewoontes, wat nie rein is nie?
Ons beleef elkeen elke dag soveel versoekings. Herinner jouself vandag aan Paulus se woorde, dat ons nie eers hierdie dinge moet bedink nie. Vra God om jou vandag so met Sy krag te vul, dat jy elke versoeking sal kan weerstaan.
Seëngroete van ROHSA