Ons het ‘n epos ontvang van ‘n vrou wat gedink het haar huwelik is op die rotse. Sy skryf dat sy besef het dat sy haar man verskriklik seergemaak en verniel het, deur haar selfsugtige, arrogante, manipulerende en intimiderende dade en woorde. Sy ervaar dat sy haar man baie skade aangedoen het.
Hierdie vrou het een van Nancy se praatjies gehoor waarin die dwase vrou van Spreuke 7 beskryf is. Spreuke 7:25 “ Moet jou nie met so ‘n vrou ophou nie, moenie haar pad loop nie. Sy het die val van baie op haar kerfstok… In haar huis is jy op pad na die doderyk toe, by haar is jy op pad na jou dood toe.”
Elkeen van ons het al iewers soos daardie dwase vrou opgetree, dit kan na ‘n redelike hopelose situasie lyk – as dit nie vir God se genade was nie.
Die vrou wat die epos gestuur het, het besef hoe verkeerd sy opgetree het. Sy het na God gedraai vir hulp, om haar harde hart weer sag te maak. God het genadiglik daardie vrou en haar man weer by mekaar gebring.
Dit maak nie saak hoe erg jy aangejaag het nie, daar is altyd ruimte vir sonde beleidenis en vergifnis. Jy hoef nie ‘n dwase vrou te wees nie. Indien jy ook nou besef dat jy ander skade berokken het, vra God om jou te vergewe en om jou te help om jou hart en optrede te verander.
Seëngroete van ROHSA