icon-newsletter

Moenie jou eetlus bederf nie

 

“Ek sal more my Bybel lees, ek is nie vandag lus vir swaar lees goed nie.”

Ervaar jy ooit dat jy nie veel lus het vir die Woord van God nie? Kan dit wees dat jou eetlus bederf is met die suiker-storm wat ons beleef – alles wat die wêreld het om te bied? Soms is ons soos die kinders van Israel, verveeld met manna uit die hemel, terwyl hulle dink aan die kospotte van Egipte, waaruit hulle as slawe geëet het. 

Terwyl God sy volk kos gegee het, was Hy besig om hulle te speen van die oppervlakkige opwinding van Egipte, sodat Hy hulle die ware vreugde kon wys om deur Sy hand gevoed te word. Johannes 6:33 Die brood wat God gee, is HY wat uit die hemel kom, en aan die wereld lewe gee

Indien jy jou aptyt vir die Woord van God wil vergroot, probeer om jouself van die wêreld se dieët te speen. Vra jouself af of jy regtig daardie tv reeks moet kyk… of nog tyd gaan mors met daardie “net nog een rondte” van die rekenaar speletjie. 

Jy gaan straks onttrekking simptome ervaar, maar gouer as nou sal jy agterkom dat die Woord van God jou op ‘n baie dieper en meer blywende manier bevredig en voed.

Seëngroete van ROHSA