icon-newsletter

Met wysheid 

 

Ons praat nie almal ewe veel nie, maar ons almal gebruik woorde. Ons groet mekaar, ons lewer kommentaar, ons terg, ons bemoedig, ons bou op en ons breek af… alles met ons eie woorde.

Het jy al opgelet hoeveel keer die Bybel met ons praat oor die manier waarop ons woorde gebruik? Luister na hierdie paar Spreuke:

  • Spreuke 10:19 “By ’n oorvloed woorde bly oortredings nie uit nie; maar wie sy lippe in bedwang hou, is verstandig.”
  • Spreuke 15:1&2 ‘n Sagte antwoord keer woede weg, maar ‘n krenkende woord laat toorn opvlam. Die tong van wyses maak kennis lofwaardig, maar die mond van dwase stort sotheid uit.”
  • Spreuke 31:26 “Haar mond maak sy oop met wysheid en liefdevolle onderig is op haar tong.”

Wanneer jy uitgelok word, reageer jy sagmoedig, of kap jy terug met harde kras woorde? Lei jou woorde mense na God en Sy Woord toe?

Neem ‘n oomblik en vra God om jou vandag te help om jou tong te beheer. Vra Hom om jou te help om met wysheid, selfbeheersing en sagmoedigheid te praat.

Seëngroete van ROHSA