icon-newsletter

Met elke geleentheid 

 

Gestel ‘n tiener seun sê vir jou: “Ek wil baie gereeld dink aan die dag wat ek my asem hier op aarde uitblaas.”

Dit sal my ontkant vang. Ek sal baie bekommerd wees oor so ‘n jong man. Maar hierdie was die woorde van die legendariese Jonathan Edwards, wat voor die ouderdom van twintig, sewentig resolusies vir sy lewe geskryf het.

Edwards was wys genoeg om te besef dat hy die meeste van die lewe moes maak, aangesien die dood ‘n werklikheid vir almal is.

Jonathan het gesê: “Ek hoor gereeld ou mense sê hoe hulle eerder sou gelewe het as hulle weer hul lewens sou kon leef.”

Hier is ‘n jong man wat na ouer mense kyk, en hy hoor hoe hulle met heimweë sê: “Ek sal dit graag anders wil doen sou ek weer die geleentheid kry.”

Edwards wou nie hê dit moet met hom gebeur nie, daarom hy het dwarsdeur sy lewe dit bedink, terwyl hy nog tyd gehad het om daaraan te werk. Hy het met ‘n doel bewuste plan gelewe.

Spreuke 19:21 sê “Daar is baie planne in ‘n mens se hart, maar die raad van die Here – dít kom tot stand.”

Wat kan jy vandag doen wat ‘n belegging vir die res van jou lewe, en daarna, sal wees?

Seëngroete van ROHSA