Wanneer ek met iemand gesels wat ontmoedig of terneergedruk voel, vra ek soms “ Memoriseer jy Skrifgedeeltes?” Moet my nie verkeerd verstaan nie – dit is nie ‘n geheime formule om al jou probleme te laat verdwyn nie; maar om God se Woord te memoriseer het die vermoë om jou perspektief te verander ongeag van wat jou probleem is.
Effesiërs 4:32 “ Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar”.
Psalm 136:1 “Prys die Here, want Hy is goed! Aan Sy liefde is geen einde nie.”
As jy nog nooit voorheen Skrif memoriseer het nie, begin klein met ‘n vers of 2 per week. Ek is oortuig daarvan dat jy sal ervaar dat God se Woord jou manier van dink sal begin beinvloed.
Spreuke 3:5 “ Vertrou op die Here met alles wat jy het. Moenie staatmaak op jou eie insigte nie.”
Seëngroete van ROHSA