Jy het sekerlik ook al van die debat in gesondheidsbedryf gehoor oor megadosisse vitamienes. Sommige mense glo dat baie groot dosisse vitamienes allerlei siektes kan genees, terwyl ‘n ander groep dokters weer waarsku dat te veel vitamienes selfs giftig kan wees.
Maar daar is geen debat oor megadosisse Skrif nie. Jy kan nie verkeerd gaan deur die Woord van God in te neem nie, en definitief nie as jy ‘n groot klomp hoofstukke of selfs boeke in die Bybel op een slag lees nie. Ek hou daarvan om soms my stiltetyd roetine te varieer en vinniger deur die Skrif te werk as wat ek gewoonlik sou. Dit is hoe ek ‘n megadosis van God se Woord in kry.
Romeine 15:4 “Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.”
Om ‘n megadosis van die Bybel in te neem, sal jou ‘n geheelbeeld van God se plan gee. Die temas sal soos riviere deur die Bybel van Genesis tot Openbaring loop. Jy begin dan om Jesus in elke bladsy raak te sien en so die hele verhaal te waardeer. Om die Bybel stadig te lees en op individuele verse te mediteer kan ook voordelig wees. Maar wanneer jy voel of jy in ‘n groef vas sit, probeer gerus om ‘n megadosis van God se Woord te kry.
Seëngroete van ROHSA