icon-newsletter

Meer as ‘n seun of ‘n dogter

 

‘n Sendeling vriendinnetjie het my onlangs vertel hoe moeilik dit steeds vir jongmense is, om hulle ouers te vertel van hulle planne om die sendingveld te betree. Sommige ouers doen enigiets om hulle kinders veilig en naby hulle te hou, hulle smeek, dreig en pleit so veel as wat hulle kan. Dit maak dit vreeslik moeilik vir ‘n jongmens om dan “ja” te sê vir die persoonlike roeping wat God vir hulle het.

Baie Christen ouers dink wel dit is ‘n wonderlike idee om ‘n sendeling te word – totdat hulle eie seun of dogter sê “Ek glo God lei my in hierdie rigting”.

Jesus sê in Matteus 10:37 “Hy wat sy vader of moeder liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie; hy wat sy seun of dogter liewer het as vir My, is nie werd om aan My te behoort nie. Hy wat nie sy kruis opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie.”

Ek is so dankbaar teenoor ouers wie se grootste wens is dat hulle kinders Christus moet volg – ongeag van wat dit beteken of watter prys hulle sou moes betaal.

Seëngroete van ROHSA