icon-newsletter

Maria was ‘n invloedryke vrou

 

Wat is jou eerste reaksie wanneer iemand met ‘n groot probleem na jou toe kom? Die beste ding wat jy op daardie punt kan doen is om die persoon na Jesus toe te wys. Dit is wat Maria van Nasaret gedoen het. Sy was by ‘n troue en die gasheer se wyn het opgeraak. In plaas daarvan om self die probleem te probeer oplos, lees ons in Johannes 2:5 “ Jesus se ma sê toe vir die kelners: “Julle moet doen wat Jesus vir julle sê.”

Maria het haar invloed gebruik om hulle te bemoedig om Jesus te gehoorsaam en Hom te volg. Jesus het daardie dag sy eerste wonderwerk gedoen, en die kelners het gesien hoe hy water in wyn verander het. Maria se invloed het toegelaat dat hulle sien waartoe Jesus in staat was.

Wanneer ons vriende na ons toe kom met hulle probleme, het ons nie nodig om elke krises op te los nie. Soos Maria moet ons hulle na Jesus toe wys en sê “Doen wat Jesus sê jy moet doen.”

Wie kan jy vandag beinvloed om Jesus te vertrou en te gehoorsaam?

Seëngroete van ROHSA