icon-newsletter

Maria was ‘n gewonde vrou 

 

Veertig dae nadat sy geboorte aan Jesus gegee het, het Simeon hulle geseën en vir Maria, sy moeder, gesê: “Kyk, hierdie Kindjie is bestem vir die val en die opstaan van baie mense in Israel, as ‘n teken wat betwis word, sodat die bedoelinge van baie mense aan die lig kan kom. En wat jou betref, ‘n swaard sal deur jou siel gaan.”

Sy sou eers drie-en-dertig jaar later daardie woorde heeltemal verstaan. Toe Maria sien hoe haar seun Jesus gekruisig word, is haar siel deurboor. Vir een, sy was besig om haar eie seun te verloor. Maar ek dink ook dat haar siel deurboor is omdat sy haar eie sonde herken het – Jesus het nie net vir die wêreld gesterf nie. Hy het vir haar, sy eie mamma, gesterf. 

Ons moet almal daardie bewus wording ervaar om die ontdekking te kan maak. Totdat ‘n “swaard ons siel deurboor,” besef ons nie die diepte en omvang van ons sonde en nood nie. Om vergewe te word, moes Maria haar geloof plaas in die gekruisigde Seun van God wat in haar plek gesterf het.

Het jy God al vertrou dat Christus jou Verlosser is? Besef jy werklik dat die wonde wat Hy aan die kruis opgedoen het as gevolg van jou sonde en vir jou redding was?

Seëngroete van ROHSA