icon-newsletter

Luister en reageer

 

Dikwels wag ons nie eens vir God se antwoord nie, ons bid net so woets warts “Here wees met my kinders vandag, hou hulle asseblief veilig, en help asseblief al die sendelinge reg oor die wêreld, amen.”

En ander kere hoor ons, maar ons reageer nie.

Ek dink ’n voorbeeld van goeie balans is die lewe van Maria van Betanië. Ons lees in Lukas 10 hoe sy by Jesus se voete sit en luister het na Sy Woord. Maar sy het nie net na Jesus se woorde gesit en luister nie. Aanbidding was die natuurlike reaksie van haar dankbare hart. Sy is die vrou wat later tot  Jesus se eer sy kop en voete gesalf by ‘n ete. Matteus 26:12 “Toe sy hierdie reukolie oor my liggaam uitgegooi het, het sy dit gedoen met die oog op my begrafnis. Amen, Ek sê vir julle: Waar in die hele wêreld ook al hierdie evangelie verkondig word, sal daar, ter herinnering aan haar, vertel word van wat sy gedoen het.”

Ons het almal tyd nodig in God se Woord, om van Hom te hoor. En ons het tye nodig wanneer ons in aanbidding reageer. 

Mag ek jou vra, neem jy tyd om na God te luister en ook op sy stem te reageer?

Seëngroete van ROHSA