Jesus modeleer vir ons in Matteus 4 hoe om kragtig teenstand te bied teen versoekings. Satan het na 40 dae se teistering aan Jesus die versoeking gestel om voor hom neer te buig en hom te aanbid. Vers 10: “Toe sê Jesus vir hom: ‘Gaan weg, Satan! Want daar staan geskryf, ‘Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.’ Toe het die Duiwel Hom met rus gelaat, en kyk, daar het engele gekom en Hom versorg.”
Toe Jesus Sy verbintenis tot aanbidding uitspreek, het die duiwel die aftog geblaas, en ons sien daar het engele na Hom toe gekom en Jesus versorg.
Lof aan God verslaan satan. Satan haat God en daarmee saam ook alles en almal rondom God. Een van die duiwel se strategieë is om ons te laat fokus op onsself – ons behoeftes, ons probleme, omstandighede en gevoelens. Maar wanneer ons ons oë oplig, al is hulle dalk vol trane, en kies om God te loof, is Satan se plan gefnuik en is God seëvierend in ons lewens.
Word jy met vrese en twyfel geteister? Bombardeer satan jou met versoekings? Probeer dit, loof die Here, en sien self hoe satan die aftog blaas.
Seëngroete van ROHSA