Mense gebruik die woordjie “liefde” baie maklik, sonder om mooi te dink wat dit werklik beteken. Ons verklaar maklik dat ons lief is vir braaivleis, melktert, see vakansies of een of ander sanger se musiek.
In Spreuke 7:18 lees ons van ‘n vrou wat die woordjie lief net so ligtelik gebruik het “Kom ons drink van die liefde tot die môre toe, ons gee ons oor aan die liefdeslus. My man is nie tuis nie, hy is op ‘n lang reis.”
Haar woorde wys dat sy nie verstaan waarvan sy praat nie. Ware liefde gaan oor gee eerder as om te neem. Sy wil onmiddellike bevrediging hê om haar liggamlike begeertes te vervul. Sy gee glad nie om dat die genot van hierdie verbode vrug nie langer as die volgende oggend se eerste sonstrale sal hou nie.
Liefde verg toeweiding, dit gaan daaoor om ander se beste belang te soek. Dit gaan oor gee eerder as om te neem.
Seëngroete van ROHSA