1 Korintiërs 13 staan bekend as die “Liefdes hoofstuk” in die Bybel. Dit wys ons wat ware liefde se karaktereienskappe is. Een daarvan is “Liefde is nie jaloers nie.” Kom ons kyk ‘n bietjie wat dit beteken.
Wanneer jy waarlik liefhet, is jy selfs tevrede wanneer net die basiese behoeftes van jou lewe bevredig is, want al die ander dinge is dan onbenullig. Wanneer jy waarlik liefhet, besef jy dat jy wonderlike geskenk het – ‘n ware verhouding met God. Wat meer het jy dan tog nodig?
Hierdie soort liefde help jou om dankbaar te wees wanneer jy wel meer as net die basiese kry. Hierdie soort liefde beskerm jou ook daarteen om kwaad of jaloers te word, wanneer jou vriendin ‘n sitkamerstel of ‘n bevordering by die werk kry.
Het jy al jou vertroue in Christus geplaas, om jou van jou sonde te verlos en jou in die regte verhouding met God te plaas? Dit is die eerste stap om ware liefde te hê – daardie soort wat nie jaloers is op ander nie.
1 Joh 4:7 “Geliefdes, laat ons mekaar aanhou liefhê, want volmaakte liefde is van God afkomstig. Elkeen wat so liehet, is uit God gebore en ken God persoonlik.”
Seëngroete van ROHSA