icon-newsletter

Liefde in die Kerk 

 

Wat sal jou opinie wees oor ‘n kerk wat verdeling en verskillende faksies het, waar daar afguns en twis is; ‘n kerk waar daar ‘n kompeterende gees is; ‘n kerk waar lede mekaar dagvaar; ‘n kerk waar egskeiding en immorele gedrag hoogty vier?

Wat sou jy sê van ’n kerk waar daar ‘n klem op mense se regte is? Of ’n kerk waar getroude pare selfsugtig is en fisiese liefde van mekaar weerhou? Wat sou jy sê van ’n kerk wat verskeie geestelike gawes het, maar hulle misbruik daardie gawes en gebruik hulle om mekaar af te breek?

Al daardie probleme word in 1 Korintiërs beskryf. In Paulus se brief kom hy herhaardelik terug na die een basiese beginsel – liefde. Daar was nie liefde in daardie kerk nie, en dit het allerhande ander probleme tot gevolg gehad.

Watter probleme beleef jy by die huis of in die kerk? Een van die beste dinge wat jy kan doen is om God te vra om jou en almal om jou met Sy agape liefde te vul.

Seëngroete van ROHSA