icon-newsletter

Liefde in die kerk 

 

Die apostel Paulus het die boek “1 Korintiërs” geskryf aan ‘n groep gelowiges wie onbedagsaam was teenoor mekaar, in faksies verdeel en met mekaar baklei het. Hy het die probleme onder hulle aangespreek deur oor liefde te skryf.

In 1 Korintiërs sien ons baie verskillende maniere waarop ons kan leer uit die negatiewe voorbeeld van hierdie gelowiges.

Eerstens sê Paulus dat wanneer ons mekaar regtig liefhet, ons mekaar se gawes en sterkpunte sal respekteer. Ons sal saam werk na ‘n gemeenskaplike doel in plaas daarvan om teen mekaar te werk.

Ons sal ons verhoudings koester, wanneer ons saam die pad in liefde stap. Ons sal die Woord van God deel met die wat in geestelike nood is. Ons sal ook eerder aan ander dink as aan onsself, juis omdat ons hulle graag wil ophef.

Betoon jy God se liefde in die Liggaam van Christus? Vra God om jou te help om ander gelowiges in jou gemeente en gemeenskap waarlik lief te hê en op te bou.

Seëngroete van ROHSA