icon-newsletter

Liefde deur geloof

 

Hoor jy ook getroudes sê “dis verby tussen ons, ek’s net nie meer lief vir hom of haar nie. Ek dink nie eens dis meer moontlik dat ek hom kan liefhê nie.”

Maar die Woord sê dit is wel moontlik om jou man lief te hê, ten spyte daarvan dat dit nou vir jou moeilik is. Jesus het aan ons ‘n opdrag gegee om ons vyande lief te hê. Selfs wanneer jy dink dat jou man jou grootste vyand is, sê Jesus dat dit wel moontlik is om hom lief te hê. Hoe gaan jy dit nogal regkry?  Deur in geloof met liefde op te tree.

Vertel God openhartig en eerlik dat jy nie die persoon kan liefhê nie. Maar vra dan vir God om daardie persoon déur jou lief te hê. Om deur geloof lief te hê beteken dat jy nie gaan wag vir liefdevolle gevoelens vir die persoon nie. Nee, jy tree op soos 1 Korintiërs 13:4 dit stel: “Liefde bly geduldig, liefde gee om, liefde is nie jaloers nie, spog nie, en is nie verwaand nie. Liefde tree nie onbehoorlik op nie, jaag nie sy eiebelange na nie, is nie liggeraak nie. Dit hou nie boek van die kwaad nie…”

Vra God vir meer van Sy Liefde en fokus dan doelgerig daarop om daardie moeilike persoon deur geloof lief te hê.

Seëngroete van ROHSA