Watter van die volgende stellings beskryf die tyd wat jy alleen saam met God deurbring, die beste?
- Dit is nogal sporadies, redelik inkonsekwent… ek doen dit nie gereeld nie.
- Ek spandeer tyd saam met God – ek bid en lees my Bybel, maar dit voel vir my baie keer soos ‘n roetine.
- Ek kry nie veel daaruit nie, maar dan sit ek ook nie veel in nie.
- Ek geniet my tyd in die Woord, dit maak dat ek nog meer van my Skepper wil leer.
Nancy het vir jou ‘n uitdaging: Spandeer elke dag, vir die volgende dertig dae, tyd in gebed en in die Woord. Besoek dan ons webtuiste en stuur vir ons ‘n e-pos of dalk ‘n WhatssApp boodskap om te vertel wat jy tydens hierdie dertig dae lange uitdaging geleer het.
Jesus het in Johannes 7:37 gesê: “As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei..”
Wanneer jy God toelaat om jou dors te les, sal jy selfs begeer om terug te kom vir meer. Kyk dan hoe God se “lewende water” deur jou vloei en ook die dors van die mense rondom jou, les.
Seëngroete van ROHSA