icon-newsletter

Lees gebalanseerd 

Byna elke ma sukkel daarmee dat haar kinders ‘n goed gebalanseerde dieet in kry .

Sommige Christene wil die Bybel net soos ‘n kieskeurige kind benader. Hulle wil ook net kitskos en lekker goed eet. Hulle Bybels wys jou waar dit die meeste gelees word. Hulle boer net hier en daar in die Bybel, gewoonlik in die maklik leesbare boeke.

Net soos ons liggame ‘n gebalanseerde dieët nodig het, het ons gees al die raad van God se Woord nodig. Sommige gedeeltes lyk verseker meer aptytlik as ander. Maar as ons dieët hoofsaaklik uit die Psalms bestaan, ​​met hier en daar ‘n bietjie van die Nuwe Testamentiese briewe, sal ons nie groei soos ons kan en moet nie.

Paulus het Timoteus daaraan herinner “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.” 2 Timotheus 3:16

Besef jy dat Skrif waaraan Paulus Timoteus herinner, toe nog nie eens uit die Nuwe Testament bestaan het nie. Paulus het juis verwys na die Ou Testament in ons bybels.

Ons het die Psalms en Briewe nodig. Maar ons het die fondasie van die moeilike Ou-Testamentiese boeke ook nodig, saam met die Nuwe-Testament.

Kry jy ‘n gebalanseerde dieët uit God se Woord?

 

Seëngroete van ROHSA