icon-newsletter

Leer uit Levitikus 

 

Ek begin elke Januarie gereed om weer my Bybel van Genesis af te lees. Kom ons by Maart maand, dan trek ek by Levitikus en daar stop alles.

Levitikus 14:39 “Op die sewende dag moet die priester vir nog ’n ondersoek terugkeer. As die swamme teen die mure van die huis versprei het, moet die priester bevel gee dat die besmette stene verwyder word.”

Op die oog af klink dit vreemd nê? In Levitikus leer ons dat God heilig is, en ons leer dat om heilig te wees nie vir ons opsioneel is nie. Al God se mense moet ‘n heilig lewe lei, ingestel om afgesonder van sonde te wees. Ons besef ook dat ons nie die vermoë het om God se wet perfek te gehoorsaam nie.

Daarom het God Jesus gestuur om sonde deur die kruis te oorwin. Dit is hoekom Hy vir ons ‘n bonatuurlike krag genaamd genade gegee het, wat ons die begeerte en die krag gee om heilig te wil wees.

Jy kan dit geniet om Levitikus te lees deur te fokus op die heiligheid van God. Deur Sy krag en genade kan jy ‘n afgesonderde lewe vir Hom leef.

Seëngroete van ROHSA