Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
As jy al ooit gebid en gevra het om ‘n meer liefdevolle persoon te word, het jy waarskynlik uitgevind dat God daardie versoek op ‘n paar onverwagse maniere beantwoord.
Dalk is die appelkar by jou werk daardeur omgegooi? Is die toets dalk daardie nuwe kollega by jou werk – die vrou wie se maniertjies jy nie kan verdra nie?
Ons sal waarskynlik nooit ten volle leer om lief te hê nie, tensy daar mense in ons lewens is wat moeilik is om lief te hê. Paulus sê vir ons in 1 Korintiërs 13 dat liefde geduldig is. Dit is vriendelik. Dit is nie prikkelbaar nie. Dit dra nie ‘n wrok nie, dit verdra alles.
Wanneer moeilike mense in ons lewens inkom, fokus ware liefde nie op hoe hulle ons beïnvloed nie. God se soort liefde dink ook aan die ander persoon en aan hul beste belange.
Wanneer jy volgende keer met ‘n persoon te doen kry wat jou irritereer, onthou dan, God gee dalk juis nou aan jou ‘n kans om meer oor Sy liefde te leer.
Kom ons bid: “Here, sal U my help om haar lief te hê soos U haar liefhet?”
Seëngroete van ROHSA