Mens probeer om die Bybel ordentlik te lees, maar dan raak jy ook weer net so maklik deurmekaar met al die bybelse terme.
As jy ook soms sukkel om God se Woord te verstaan, het ek ‘n eenvoudige voorstel. Vra Hom vir hulp! Voordat ek ‘n Skrifgedeelte lees, sê ek dikwels ‘n gebed uit Psalm 25 op: Vers 4 “Here, maak u paaie aan my bekend; leer my u weë. Lei my deur u waarheid en leer my, want U is die God wat my red.”
A.W. Tozer het gesê dat die Bybel ‘n bonatuurlike boek is en dat dit slegs deur bonatuurlike hulp verstaan kan word.
Die beste nuus is dat die Outeur self beskikbaar is om jou te help verstaan wat Hy geskryf en bedoel het. Jesus het vir Sy dissipels gesê dat Hy die Heilige Gees sal stuur om hulle te leer en in alle waarheid te lei. As jy ‘n dissipel is, beteken dit dat die Heilige Gees jou ook wil help wanneer jy die Woord van God bestudeer.
Vra Hom om jou Sy waarheid te wys.
Seëngroete van ROHSA