Wanneer jy vashaak terwyl jy die Bybel lees, en dit moeilik vind om God se Woord te verstaan, het ek ‘n eenvoudige voorstel. Vra Hom vir sy hulp!
Nancy sê voordat sy haar Bybel lees, sê sy dikwels ‘n gebed uit Psalm 25 op: “Maak my u wil bekend, Here, leer my u paaie. Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin.”
A.W. Tozer het gesê dat die Bybel ‘n bonatuurlike boek is en dit slegs deur bonatuurlike hulp verstaan kan word.
Die goeie nuus is dat die Outeur self beskikbaar is om jou te help verstaan wat Hy geskryf het. Jesus het vir Sy dissipels gesê dat Hy die Heilige Gees sal stuur om hulle te leer en in alle waarheid te lei. Wanneer jy ‘n dissipel is, beteken dit dat die Heilige Gees jou sal help wanneer jy gaan sit om die Bybel te bestudeer.
Vra Hom met groot vrymoedigheid om jou Sy waarhede te wys.
Seëngroete van ROHSA