Dit lyk asof mense mekaar deesdae links en regs dagvaar, die advokate moet net bont staan.
Dit laat een man se keuse des te meer buitengewoon lyk. Tydens ‘n roetine- prosedure het ‘n dokter se fout, die lewe van sy vrou gekos. Die man was woedend. In die daaropvolgende dae het hy belowe om “daardie hospitaal se deure toe te maak!” Hy het geëis om ‘n vergadering met die hospitaal se bestuur te belê en belowe om hulle te dagvaar vir alles wat hulle besit.
Op pad na die vergadering toe, het hierdie man besef dat hy homself sou vernietig as hy toelaat dat die vuur van woede en bitterheid in sy binneste, verder weg hardloop. Hy het geweet, om vry te kom van die seer, sou hy moes doen wat God vir hom gedoen het.
Toe hy by die hospitaal aankom, het hy direk na die dokter gestap wat sy vrou geopereer het. Hy het sy hand uitgesteek en gesê: “Die enigste manier waarop ek in vrede die res van my lewe sal kan lewe, is om jou te vergewe.”
Romeine 12:17-19 sê “Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Wees goedgesind teenoor alle mense. As dit moontlik is, sover dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense. Moenie self wraak neem nie, geliefdes, maar laat dit oor aan die oordeel van God. Daar staan immers geskrywe: ‘Dit is mý reg om te straf;
Ék sal vergeld’ sê die Here.”
Koester jy enige woede of bitterheid? Sal jy asseblief mooi daaroor nadink, en self kies om te vergewe soos God jou vergewe het?
Seëngroete van ROHSA