icon-newsletter

Leef deur die Gees

 

Paulus skryf in Efesiërs dat ons deur die Heilige Gees vervul moet word, en dan beskryf hy hoe dit in ons alledaagse lewe kan uitspeel. 

In ons gewone lewensomstandighede kan ons met mekaar Skrifgedeeltes en geestelike liedere deel, net soos die Woord in Efesiërs 5 vanaf vers 19 beskryf: “laat die Gees julle vervul, en sing onder mekaar psalms, lofgesange en ander geestelike liedere; sing met julle hele hart tot eer van die Here. Dank God die Vader altyd oor alles in die Naam van ons Here Jesus Christus.”

Dit affekteer ook ons verhoudings en ons huwelike, ons lees verder: “terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus, en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God. 

Dit het ook ‘n invloed op ouer-kind verhoudings. Efesiërs 6:1 “Kinders, wees as gelowiges aan julle ouers gehoorsaam, want dit is wat die Wet van God vereis.” Daar’s ‘n vermaning aan ouers “En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie.”

Dit maak ook ‘n verskil in ons werksplek. Vers 6 “Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen.”

Neem die vymoedigheid om God te vra om jou vandag opnuut met Sy Gees te vul – dit sal ‘n wêreldse verskil maak!

Seëngroete van ROHSA